Omtrent Ons

Ons ontwerp vasgelegde personeel-, klante-, bestuurslede- en sake-ondernemingslojaliteits- en aansporingsprogramme, leefstylprogramme wat waarde toevoeg, lojaliteitsbemarking vir klante se mediese fonds, korttermynversekering, finansiële dienste en lidmaatskapklubs. Ons spesialiseer ook in debiet-, krediet- en geskenkkaarte.

Ons benut ons kundigheid en jarelange ondervinding om lidmaatskapprogramme te ontwerp. Ons bied ’n wye reeks dienste en produkte soos ’n oproepsentrum, reis, ontspanning, gesondheid, vermaak, motor, selfoon, 24/7 bystanddienste, inkopies ens.

Ons beskouing berus op die wete dat ingeligte bemarkingsbesluite en die intelligente gebruik van data verseker dat die regte klantegroep gelok en behou word en hulle lewenslange waarde sodoende ten volle benut word.

Ons dienslewering is van die grootste belang vir ons voortgesette sukses. Ons werk nousaam met ons klante. Ons stel spanwerk hoog op prys en besef dat dit in ’n hoë prestasie-omgewing noodsaaklik is vir sukses.

Ons is bekend vir uitstekende dienslewering en verstaan dat die voorsiening van geïntegreerde lojaliteitsbemarkingsprodukte ’n ingewikkelde proses is wat strategiese denke en stelselontwerp, sowel as kreatiewe uitvoering en -werking insluit.

Waar ons ookal werk, maak ons ’n goeie indruk deur klanteverhoudings op te bou wat op ons vier kernwaardes gegrond is:
  • Toewyding
  • Professionalisme
  • Deursigtigheid
  • Buigsaamheid
Ons streef altyd daarna om ons klante se hoogste verwagtinge te oortref en uitnemende produkte en nuwe dienste te lewer:
  • Ons ontwerp en implementeer direkte verhoudings- en lojaliteitsbemarkingsprodukte vir ons klante.
  • As ’n omvattende diensagentskap voorsien ons die volle reeks dienste: strategie, ontwerp, databasisse, stelsels, klantediens en bedryfsdienste.
  • Ons konsulteer, skep en kommunikeer.
  • As spesialiste fokus ons op ons enkele vakgebied: lojaliteit. Ons werf produkte en dienste van verskeie bedryfstakke en vakrigtings om ’n unieke ’enkele oplossing’ vir al u direkte bemarkings- en lojaliteitsbehoeftes te voorsien.
  • Ons klante trek voordeel uit ons unieke benadering en die geïntegreerde lojaliteitsdienste wat ons in staat stel om suksesvolle, praktiese oplossings met insig te voorsien.
  • Ons ontwerp en bestuur programme wat:
    • Vir die teikenmark aantreklik is
    • Uitvoerbaar is
    • Handelstrefkrag het
  • Tot dusver het ons goed gevaar in die voorsiening van uitstekende lojaliteitsprodukte wat plaaslik gepas en derhalwe baie suksesvol is.

Voordele

HUISBYSTAND
MIV-BYSTAND
PADBYSTAND
Nood Mediese Bystand
REGSBYSTAND
BEGRAFNISBYSTAND
BOTE
SEKURITEIT
Auto
DIENSTE
HUIS & DEKOR
Hulpdienste
RESTAURANTE
Verbinding
KLEINHANDEL
Gesondheid
KINDERAFDELING
Ontspanning & Vermaak
Reis
AANLYNKOPE