Independent Diamond Program (Afr) Vrywaring

Die Independent Diamond Lifestyle program word deur One Loyalty Rewards besit en bestuur. Die inhoud van hierdie webwerf is die uitsluitlike eiendom van One Loyalty Rewards, sy klante en vennote. One Loyalty Rewards respekteer u privaatheid en onderneem om dit te beskerm. Geen inligting wat op die webwerf aangevra word, word gebruik vir enige doel anders as waarvoor dit bekom is nie. One Loyalty voorsien hierdie fasiliteit, maar is nie aanspreeklik vir produkte, lewering of inligting op die webwerf nie. One Loyalty is nie ‘n party in enige kontrak wat deur gebruikers van die webwerf aangegaan word nie.

One Loyalty Rewards sal hoegenaamd nie aanspreeklik wees vir enige verlies of skade wat gebruikers as gevolg van enige gebruik van hierdie webwerf ly nie. Dit sluit in, sonder beperking, enige verlies weens onjuiste inligting op die webwerf, hetsy weens tikfoute, spelfoute of andersins. One Loyalty Rewards kan nie verantwoordelik gehou word vir enige foute of weglatings op naamlyste nie, ongeag die oorsaak daarvan.

Alle pryse is onderhewig aan verandering sonder kennisgewing. Dit is ook moontlik dat inligting verskyn oor produkte wat nie beskikbaar is nie.

Skakel ons gerus indien u verdere inligting verlang of vrae het.

Die One Loyalty vrywaring:

One Loyalty sal nie aanspreeklik of verantwoordelik wees vir enige advies of inligting wat verskaf word of voorstellings wat gemaak word deur maatskappye wat op die Independent Diamond Lifestyle program gelys word nie.

Alle aankope en dienste wat gelewer word is tussen die lid en die maatskappy wat die lid kies en One Loyalty is nie ‘n party in sodanige ooreenkoms nie. One Loyalty is nie aanspreeklik vir enige versuim deur die maatskappy nie.

Indien lede produkte en dienste wil aankoop op grond van die inligting wat op die Independent Diamond Lifestyle program of deur produk- en diensverskaffers voorsien word, moet hulle verseker dat hulle die nodige navorsing oor die produk- of diensverskaffer gedoen het.

One Loyalty voorsien geen waarborg van die produkte en/of dienste wat op die Independent Diamond Lifestyle program beskikbaar is nie.

One Loyalty waarborg nie dat die produkte en/of dienste wat aangebied word die beste transaksies in die mark is nie.

One Loyalty sal geen aanspreeklikheid aanvaar vir enige verlies of skade hoegenaamd (met inbegrip van indirekte en gevolglike skade) wat die lid mag ly of waarvoor hy aanspreeklik mag wees as gevolg van sy/haar gebruik en/of ontvangs van die produkte en/of dienste wat op die Independent Diamond Lifestyle program beskikbaar is nie.

E VOUCHA VRYWARING

E Voucha (Edms) Bpk (“E Voucha”) waarborg nie die juistheid en/of korrektheid van enige inligting op hierdie webwerf nie en, buiten die handelsvoordele, waarborg E Voucha nie die beskikbaarheid of gepastheid of enige ander aspek van enige produkte of dienste op hierdie webwerf nie. Alle inligting wat op hierdie webwerf verskyn word deur die betrokke party voorsien sonder dat E Voucha hoegenaamd enige waarborg, hetsy uitdruklik of onuitgesproke, voorsien. Alle produkte en dienste wat op hierdie webwerf aangebied word, word deur die betrokke party aangebied sonder dat E Voucha hoegenaamd enige waarborg, hetsy uitdruklik of onuitgesproke, voorsien.

Gevolglik sal E Voucha en/of enige van sy beheermaatskappye en/of filiaalmaatskappye en/of sustermaatskappye en/of agente en/of werknemers geensins teenoor enige party aanspreeklik wees vir enige resultate hoegenaamd nie (met inbegrip van, maar nie beperk nie tot enige besering en/of verlies en/of onkoste en/of skade – gevolglik, spesiaal of andersins – van enige aard ook al wat enige persoon gely het) en ongeag hoe dit plaasgevind het, wat die gevolg is van enige party wat tot hierdie webwerf toegang verkry het , en/of dit gebruik het en/of vertrou het op enige inligting wat op hierdie webwerf verskyn, en/of enige produkte en/of dienste wat op hierdie webwerf aangebied word, aangekoop en/of gebruik het.

Voordele

HUISBYSTAND
MIV-BYSTAND
PADBYSTAND
Nood Mediese Bystand
REGSBYSTAND
BEGRAFNISBYSTAND
BOTE
SEKURITEIT
Auto
DIENSTE
HUIS & DEKOR
Hulpdienste
RESTAURANTE
Verbinding
KLEINHANDEL
Gesondheid
KINDERAFDELING
Ontspanning & Vermaak
Reis
AANLYNKOPE